Leerlinge ongedeerd na busongeluk in Acornhoek

Loading player...
Die waarnemende premier, Sasekani Manzini, het saam met die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, vandag Tsakane Spesiale Skool besoek na ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders na die skool vervoer het. 'n Taxi het na bewering 'n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het in Acornhoek. Volgens Manzini is al die leerlinge vandag terug by die skool.
23 May 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min