Skok na taxi teen skoolvervoer-bus bots in Mpumalanga

Loading player...
Die provinsiale regering het sy skok uitgespreek ook ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders skool toe vervoer het in Mpumalanga. Volgens die onderwysdepartement het ‘n minibus-taxi ‘n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het op die R40 in Acornhoek. Die bus het leerlinge na Tsakane Spesiale Skool vervoer. Die bestuurder van die taxi is op die toneel dood verklaar. Die busbestuurder is beseer. Die leerlinge is na Tintswalo-hospitaal geneem vir behandeling van geringe beserings. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê die waarnemende premier, Sasekani Manzini, sal vanoggend saam met die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, die skool en beseerdes besoek.
23 May 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min