Mpumalanga wil die matriekslaagsyfer met 6-persentasiepunte verbeter

Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Onderwys teiken vanjaar ‘n matriekslaagsyfer van 83-persent. Ten einde matrikulante te motiveer, bring die LUR, Bonakele Majuba, môre ‘n besoek aan graad 12-leerlinge in die Siyabuswa-distrik. ‘n Slaagsyfer van 76-komma-8-persent is verlede jaar in die provinsie behaal, wat self ‘n verbetering van 3-komma-2-persent was oor 2021. Majuba sal ook die Sizabantu Vroeë-Kinderontwikkeling-Sentrum besoek om die vordering te monitor sedert dié sentrums aan sy departement toegewys is. Woordvoerder, Gerald Sambo:
22 May 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min