DA bekommerd oor kragopwekkers by Mpumalanga-hospitale

Loading player...
Die ANC het gister in die provinsiale wetgewer teen ‘n DA-mosie gestem om te verseker dat elke gesondheidsfasiliteit in die provinsie ten minste een funksionerende kragopwekker het en dat hulle gereeld nagesien word. Dit volg na Middelburg-hospitaal die naweek ‘n kragopwekker moes leen om tydens beurtkrag te funksioneer nadat sy eie opwekker onklaar geraak het. Volgens Jane Sithole het die geleende opwekker van Bethal eers Maandagaand gearriveer. Sy sê dit stel lewens in gevaar, terwyl die ANC verkies om eerder kleinlike politiek te speel.
19 May 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min