Drie vermeende rowers gesoek in Acornhoek

Loading player...
Drie vermeende rowers moes Dinsdagaand vlug vanaf die toneel waar hulle 'n vrou in haar huis met 'n vuurwapen aangehou het, nadat sy die wapen by hulle afgeneem het.
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het die voorval in Timbavati Trust in Acornhoek gebeur.
Die reeksnommer van die rewolwer wat die verdagtes op die toneel agtergelaat het, was afgevyl.
'n Saak van poging tot roof word ondersoek. Enigiemand met inligting is gevra om speurder Luitenant-Kolonel Aaron Digoro te kontak by 082-318-9925.
18 May 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min