Man skuldig wat vriendin en haar polisievrou-suster in KaNyamazane vermoor

Loading player...
# Hlabirwa Rassie Nkune is gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof skuldig bevind aan die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko en haar suster Marcia Mazibuko. Marcia was ‘n polisiebeampte. Hulle is in Mei verlede jaar in KaNyamazane doodgeskiet. Nkune het skuldig gepleit op die moordklagte, maar die hof het sy weergawe van Pretty se dood onvolledig gevind en die verhoor het voortgegaan. Volgens Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag, verskyn hy vandag weer in die hof.
17 May 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min