TRAC veroordeel geweldadige proteste op die N4

Loading player...
TRAC het die geweldadige betogings op die N4 veroordeel weens die veiligheidsrikisiko aan padgebruikers en skade wat aan eiendom aangerig is.
Volgens kommunikasiebestuurder, Solange Soares, is die N4-tolpad tussen die Balmoral-wisselaar en die N4/N12-vurk naby eMalahleni (Witbank) sedert Dinsdagaand weens geweldadige diensleweringsproteste gesluit. Vragmotors is onder andere aan die brand gesteek.
Soareas sê TRACAssist het ‘n deel van die pad afgesper as ‘n voorsorgmaatreël. Hulle is ook op die toneel om verkeer te herlei. TRAC raai padgebruikers aan om die area te vermy tot die kwessie opgeklaar is.
11 May 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min