Vermeende transitorower bly in aanhouding

Loading player...
‘n Vermeende transitorower wat gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn het, bly in aanhouding tot Maandag wanneer hy vir borgtog aansoek kan doen. Zakhele Mnisi (39) is Vrydagmiddag aangekeer na ‘n transitoroof tussen Mkhulu en Hazyview. Volgens die Valke het sowat sewe gewapende aanvallers in drie voertuie ‘n G4S gepantserde voertuig beroof en met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug. ‘n Helikopter van Fidelity wat besig was om ‘n ander geldwa te vergesel kon die verdagte help aankeer. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi:
9 May 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min