Voortvlugtige renosterstroper in Kabokweni aangekeer

Loading player...
‘n Vermeende renosterstroper wat voortvlugtig was voor die gereg is Saterdag in Kabokweni met behulp van ‘n wenk van die publiek her-aangekeer. Odis Maluleke is aanvanklik in 2015 gearresteer toe hy en drie ander die Krugerwildtuin probeer binnegaan het met onder meer ‘n jaggeweer. Hy is borg toegestaan en het verdwyn tot hy in 2019 herarresteer is saam met drie ander verdagtes in die wildtuin met twee renosterhorings in hul besit. Hy is weer borg toegestaan en het weer versuim om hofverrigtinge by te woon. Maluleke het gister in Mhala verskyn. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, bly hy in aanhouding tot hy op 18 Mei in Skukuza verskyn.
9 May 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min