Ek Is - Outentiek Ek

--:--
Hierdie is ‘n meditasie om die pad te stap terug na jou outentieke self. Ons gaan dieper kyk na sensasies en behoeftes in jou hart, kyk of ons jou hartsbegeertes kan ontdek.

As mense is ons mees kragtige emosie, liefde. Alle ander emosies soos geluk, hartseer, jaloesie is net komponente van liefde, verdraaiings van liefde.

So enige pyn wat jy voel, is komponente, vertakkings van liefde. Pyn en verlies, en hoe ons dit hanteer, kan deur gereelde meditasie draaglik gemaak word. As jy minder pyn wil voel, mediteer meer dikwels. Volgens nuwe navorsing kan gereelde meditasie die emosionele reaksie op pyn werklik uitvee. Fisieke pyn sowel as geestelike pyn.
8 May 2023 Afrikaans South Africa Alternative Health · Self-Improvement

Other recent episodes

Oorvloed

Wat is oorvloed? DIT IS WANNEER JY GENOEG HET. Absoluut geen gebrek. Genoeg om te kan uitdeel sonder om te dink dit sal opraak. Oorvloed kan baie vorme aanneem, byvoorbeeld in lewensmiddele soos geld of goed, kos in jou koskas, maar ook deur ‘n verrykte gees, waarmee jy liefde, geduld…
2 Jul 18 min

Sukses

Die meeste mense werk en woeker in die lewe. Nie om dowe neute nie, maar om iets te bereik. Meestal sukses. En die redes daarvoor is legio, maar hoofsaaklik wil mens ‘n verskil maak. Tydens hierdie meditasie kan jy jou talente, sterkpunte en vaardighede herontdek, want dit alles is alreeds…
2 Jul 11 min

Fokus en Helderheid in die oomblik

Ons is bevoorreg om in hierdie tye te weet dat, as ons gedagtes gefokus is, ons beter werk en presteer. Die wete dat elkeen van ons ‘n doel het in die lewe, geld as inspirasie om daagliks die beste na te streef. Hierdie meditasie is uiters eenvoudig, maar leer dit…
2 Jul 2 min

Selfliefde

Selfliefde word dikwels verwar met ‘n ongesonde liefde vir jouself, soos selfsug, hebsug, ydelheid, verwaandheid, egotisme of narcissime. Gesonde selfliefde is baie nodig vir ons bestaan, voortbestaan, gesonde konflikhantering, ens. Dis ‘n basiese menslike noodsaaklikheid om na jouself om te sien, jouself te respekteer, jou naaste lief te he soos…
2 Jul 11 min

Om te laat gaan

Leegmaak. Ons kry seer, omdat ons diep binne onsself weet wie ons is maar dit verloen. Rumi het geleef in die 13de eeu en hy het gese: You wander from room to room hunting for the diamond necklace that is already around your neck. Daar is geen maklike manier om…
2 Jul 5 min