Valke waarsku staatsamptenare oor vals ondersoeke teen hulle

Loading player...
Die Valke in Mpumalanga waarsku die publiek teen mense wat hulself as polisiebeamptes voordoen en staatsamptenare teiken. Volgens die woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, toon hulle vervalste dokumente met ‘n Valke-briefhoof waarvolgens ‘n lasbrief vir die slagoffer se inhegtenisname uitgereik is weens beweerde bedrog, wan-administrasie of diefstal. Hulle eis dan omkoopgeld om die nie-bestaande ondersoeke te laat verdwyn. Enige slagoffers is gevra om dit dadelik by die polisie aan te meld.
4 May 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min