Polisie ondersoek die skiet dood van 'n man en vrou

Loading player...
Die polisie ondersoek die skietdood van ‘n egpaar in Standerton. ‘n 34-jarige vrou het haar 42-jarige man, ‘n werker op die Kromdraai-plaas, besoek toe skote by hul huis gehoor is. Hulle is gisteroggend in ‘n plas bloed ontdek met ‘n vuurwapen en drie leë patroondoppies langs hulle. Die vrou is op die toneel dood verklaar. Die man is vroeg vanoggend weens sy wonde in die hospitaal dood. Polisie ondersoek die moontlikheid dat hy sy vrou en toe homself geskiet het.
2 May 2023 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min