Twee Mosambiekse burgers gevonnis vir smokkelary

Loading player...
Twee Mosambiekse burgers is die week gevonnis vir smokkelary. Volgens die Valke is Sibusiso Vincent Fakude en Anastercia Timane op 10 Maart by Lebombo-grenspos aangekeer met nagemaakte tekkies ter waarde van sowat 1-komma-9-miljoen-Rand. Hulle het nie die korrekte doumentasie gehad nie.
Die hof vir gespesialiseerde kommersiële misdade in Komatipoort het Dinsdag gelas dat Timane ‘n boete van 100-duisend-Rand moet betaal of drie jaar agter tralies spandeer. Fakude is met 5-duisend-Rand boete of drie maande tronkstraf opgelê.
27 Apr 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min