Voormalige bestuurder by Kriel-kragstasie gevonnis vir bedrog en diefstal

Loading player...
‘n Voormalige finansiële bestuurder by Eskom se Kriel-kragstasie is tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis vir bedrog en diefstal. Volgens die Valke in Mpumalanga het Sifiso Jacob Masina (42) tussen Mei 2011 en Februarie 2012 amper 514-duisend-Rand betaal aan twee maatskappye wat aan homself en sy ma behoort het, sonder dat enige dienste aan die kragnutsmaatskappy gelewer is. Die agt jaar vonnis is vir vyf jaar opgeskort. Hy moet ook die geld aan Eskom terugbetaal.
27 Apr 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min