Deel van Witrivier nou reeds twee weke sonder water

Loading player...
Dele van Witrivier het vandag reeds meer as twee weke geen water in hul krane nie. Veral die boonste deel van Peter Grahamstraat loop erg deur. Volgens Silulumanzi, wat water vanaf die Boschrand-reservoir daarheen pomp, vererger beurtkrag en onwettige aansluitings tussen Nelspruit en die betrokke waterreservoir in Witrivier die situasie. Pierre du Preez, ondervoorsitter van die Power of 8000 en die Witrivier-belastingbetalersvereninging, lê die krisis voor die deur van Mbombela-munisipaliteit.
25 Apr 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min