Ses mense is dood in groepsgeweld in Kabokweni

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het ‘n pleidooi gerig aan gemeenskappe om nie die reg in eie hande te neem nie. Dit volg op die dood van ses mense in Kabokweni, na vermoede deur groepsgeweld. Drie mense, wat moontlik verdagtes was in ‘n gewapende roof, is Vrydag aangerand en hul huis afgebrand. Hulle het aan hul beserings beswyk. Twee ander mans is in ‘n afsonderlike voorval dood. Die liggaam van die sesde slagoffer is dieselfde dag in ‘n bebosde area ontdek. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê slegs twee slagoffers is tot dusver uitgeken.
24 Apr 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min