Alles gereed vir Elands-marathon Saterdag

Loading player...
Alles is in plek vir die TRAC N4 Elands-marathon hierdie Saterdag. Meer as 1-duisend-700 deelnemers het reeds ingeskryf. Die skilderagtige roete vir die 42-kilometer begin by Laerskool Oosterlijn in Waterval Boven en eindig by die Sappi-opleidingsentrum in Ngodwana. Solange Soares, kommunikasiebestuurder van TRAC, sê dit word beskou as die vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades in Mpumalanga.
18 Apr 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min