Munisipale werker wat verkeersbeampte doodskiet verskyn vandag in die Nelspruit-hof

Loading player...
Die munisipale werker wat Saterdagaand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge doodgeskiet het, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof.
Volgens die Valke was die verkeersbeampte saam met die aanvaller se vrou in ‘n chalet by die lodge toe haar man hom met sy dienspistool doodgeskiet hiet.
Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 38-jarige verdagte homself later aan die polisie oorgegee.
17 Apr 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min