Polisiebeampte deur vermeende dieseldiewe doodgeskiet

Loading player...
‘n Lid van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid in Middelburg is doodgeskiet en sy kollega gewond toe hulle gereageer het op inligting rakende die diefstal van diesel by ‘n myn. Volgens woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het die beampte en sy kollega van die Middelburg-speurdiens in die vroeë oggendure op inligting van ‘n informant gereageer. Onderweg na die betrokke myn naby die N4 het hulle ‘n dieseltenker gewaar en voorgekeer. Drie mans het uitgeklim en op hulle losgebrand.
4 Apr 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min