Weduwee van vermoorde hoofman in haar huis doodgeskiet

Loading player...
Die weduwee van die vermoorde hoofman van die Mnisi-stam is in die vroeë oggendure in haar huis in Calcutta doodgeskiet deur. Volgens die polisie is Charlene Felicity Mathews verskeie kere in die kop getref. Twee manlike familielede is ook gewond. Mathews se man, Clyde Mnisi, is op 26 Maart naby die Kruger Mpumalanga Internasionale-lughawe deur vyf swaar gewapende mans vermoor. Hy sou volgende maand verhoor word as ‘n vermeende ringkop in ‘n renosterstropingsindikaat. Die motief vir die moord op Mathews is tans onbekend. Niemand is nog aangekeer nie.
4 Apr 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min