We Care 4 Nelspruit glo deur munisipalte werkers gedreig

Loading player...
TJ Maré van We Care for Nelspruit voer aan dat werknemers van Mbombela-munisipaliteit vanoggend sy werkspanne se lewens gedreig het, omdat hulle kwansuis hulle hul werk kos. Die spanne is oudergewoonte besig om 'n middelman in die stad netjies te maak. Maré was nie teenwoordig nie. Volgens hom het sy span hom gebel met ide nuus dat 'n man en twee vroue met 'n bakkie wat duidelik gemerk is as Mbombela se vullisverwydering by hulle gestop het, en gedreig het om hulle dood te laat maak as hulle aanhou werk. Maré sê daar was in die verlede 'n soortgelyke voorval waartydens 'n man sy toerusting by hom probeer afneem het. Hy sê hulle lewer 'n diens en sal nie afgeskrik word nie.
3 Apr 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min