SANParke stel eerste vrou aan as hoof uitvoerende beampte

Loading player...
SANParke het die aanstelling van die eerste vrou as die organisasie se hoof uitvoerende beampte aangekondig. Hapiloe Sello het in 2015 by SANParke aangesluit as bestuurshoof van toerisme-ontwikkeling en bemarking waar sy kommersialisering-strategieë geïmplementeer het. Sy het tussen Junie en November 2022 as hoof uitvoerende beampte waargeneem. Volgens Pam Yako, voorsitter van die SANParke raad, is dit ‘n betekenisvolle stap in die rigting van transformasie en die bemagtiging van vroue in die bewaringsektor. SANParke woordvoerder, Rey Thakhuli:
31 Mar 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min