ActionSA beweer bouwerk aan die nuwe Middelburg-hospitaal is weens korrupsie gestaak

Loading player...
ActionSA in Mpumalanga beweer dat die bou van ‘n nuwe hospitaal in Middelburg weens korrupsie gestaak is. Volgens die provinsiale voorsitter, Thoko Mashiane, is daar reeds meer as 1,2-miljard-Rand spandeer aan die 250-bed hospitaal wat vroeg in 2020 voltooi moes wees. Volgens ActionSA is dit tans 58-persent klaar gebou. Mashiane voer aan dat bouwerk gestaak is toe die projekbestuurders onttrek het na die Ouditeur-Generaal bevindings teen hulle gemaak het.
29 Mar 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min