Hawelose man geskiet na onderonsie weens pizza

Loading player...
‘n Hawelose man is dood toe hy Saterdagaand in Witrivier geskiet is. Volgens die polisie het hy vir ‘n verbyganger in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan vir ‘n pizza gevra en toe die man weier het hy hom met ‘n ketting aangerand. Die verdagte het hom toe geskiet en in die bors en hand getref. Die 39-jarige is op die toneel aangekeer. Die slagoffer word in sy 40’s geskat, maar is hy nog nie geïdentifiseer nie. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, vra dat enigiemand met inligting oor sy naasbestaandes na vore kom.
27 Mar 2023 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min