Man in Witrivier doodgeskiet

Loading player...
‘n Verdagte is gearresteer na hy Saterdagaand glo ‘n man voor ‘n seekosrestaurant in Witrivier doodgeskiet het. Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med wat op die noodoproep reageer het, het die twee mans ‘n hewige argument voor die eetplek in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan gehad. Een het ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en die ander noodlottig gewond. Die verdagte is op die toneel aangekeer.
27 Mar 2023 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min