Borgtog vir drie wat Eskom glo bedrieg

Loading player...
# 'n Voormalige Eskom-werknemer en 'n ma en seun is in die Hendrina-landdroshof op borgtog vrygelaat nadat hulle Eskom glo uit byna R15 miljoen bedrieg het. Rabela Sara Jones en Godfrey Jason Jones het gister saam met Thandeka Nkosi verskyn op aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery. Nkosi en Godfrey is elk borgtog van 100-duisend-Rand toegestaan. Rabela het weens 'n gesondheidstoestand borgtog van 30-duisend-Rand gekry. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, sê die saak is uitgestel tot 5 Mei.
23 Mar 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min