Man kry lewenslank vir moord op die ma van sy kinders

Loading player...
# 'n Man is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op die ma van sy twee kinders. Moses Jabulane Gama (59) is Woensdag in die Chief Albert Luthuli-streekshof gevonnis. Hy het Ntombanyana Nkosi in Maart 2019 verskeie kere by haar vriend se huis geskiet. Hy het homself aan die polisie in Elukwatini oorgegee, maar na hy borgtog toegestaan is, versuim om te verskyn. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle het hom in Desember in Soweto opgespoor.
3 Mar 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min