Jongman verdrink toe hy 10-jarige kind red

Loading player...
‘n Jongman het gister verdrink toe hy ‘n 10-jarige seun van verdrinking gered het in die Mzinti-rivier in Tonga. Die 22-jarige Mpumi Ntiwane het saam met vriende visgevang toe hy en die kind besluit het om oor te swem. Die seun het in die moeilikheid beland en Ntiwane het hom gehelp. Hy het egter onder die water verdwyn. Sy liggaam is vanoggend deur polisieduikers gevind. Duikers het vanmiddag ook die liggaam gekry van ‘n man wat Maandag in die Nkomazi-rivier visgevang het. Brigadier Selvy Mohlala vra dat mense riviere vermy, aangesien watervlakke steeds hoog is na die afgelope weke se reën.
1 Mar 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min