‘Rianette en die Internet’: Is jy ’n verantwoordelike digitale burger?

Loading player...
Wat beteken dit om ʼn verantwoordelike digitale burger te wees? Hoe verseker jy dat jy en jou gesin jul deel in die aanlyn wêreld doen en waarde toevoeg, terwyl jy tegelykertyd uitkyk vir die slaggate én die geleenthede aangryp?
In dié episode van "Rianette en die Internet" gee Rianette omvattende raad, en deel sy haar insig om hierdie hedendaagse uitdaging met moed en sukses aan te pak. 
16 Feb 2023 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Belê in die menswees van jou kinders

ʼn Sterk skool word nie net deur goeie uitslae en sportprestasies gebou nie. In dié episode van "SkoolSlim" gesels Pieter Rademeyer oor die redes waarom verhoudings, waardes en belegging in kinders se menswees ʼn skool se grootste nalatenskap kan wees.
7 Aug 16 min

‘Misofo-wat?’ Daar ís hulp as geluide jou wil gek maak

Vir die meeste mense is die geluide van iemand wat kou, sluk of met ʼn pen tik bloot deel van die alledaagse lewe. Vir mense met misofonie kan dieselfde geluide egter intense woede, angs of ongemak ontlok en ʼn groot invloed op hul daaglikse lewe hê.
4 Aug 21 min

SkoolSlim | Om te lees is om te verstaan

In hierdie episode van “SkoolSlim” verduidelik Lotta Engelbrecht waarom ʼn liefde vir lees reeds in die vroeë kinderjare begin en hoe ouers en onderwysers saam die grondslag vir ʼn leeftyd van leer kan lê.
30 Jul 30 min