Polisielid gewond tydens skietgeveg met gewapende mans

Loading player...
‘n Polisiebeampte is gewond tydens ‘n skietgeveg met gewapende mans gister op die R570 Jeppes Reef-pad buite Malalane. Volgens die polisie het lede tydens ‘n patrollie vier swaar gewapende mans in ‘n enkelkajuitbakkie opgemerk. Hulle het hulle genader en die skietery het uitgebreek. Die beampte is in die bolyf getref. Die verdagtes het mettertyd gevlug. Volgens inligting het hulle hul voertuig in Matsulu agtergelaat en ‘n silwergrys BMW gekaap – wat ook later agtergelaat gevind is. Die polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê hulle het ‘n sekere rooftog afgeweer. ‘n Saak van poging tot moord word ondersoek. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
20 Dec 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min