Isabel van Tonder gesels met 'n pluimveeboer in Bloemfontein oor die voordele daarvan as kinders met 'n klein hoenderboerdery begin en die uitdagings daarmee wat hulle in gedagte moet hou.
Daar was 'n georganiseerde saaddiefstal sindikaat aan die werk in die Vrystaat vanaf 2025 en die sindikaat het 'n beraamde verlies van R3 miljoen veroorsaak onder plaaslike produsente. Isabel van Tonder gesels met 'n misdaad deskundige oor die sindikaat en die deurbraak met die arrestasie.
Die appel handelsmerk Flash Gala se reikwydte is alreeds meer as 100 miljoen mense per jaar, wat die appel as 'n premium appelhandelsmerk vestig, ook in internasionale markte. Isabel van Tonder gesels met Conrad Fick, Bemarkingsbestuurder van Tru-Cape Marketing,oor die rooi appels.
Naudé Pienaar, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê hoewel laat seisoenreën broodnodige verligting gebring het, heers groot kommer oor stygende dieselpryse en die uitbreking van bek-en-klouseer.
Die uitvoerende direkteur van die SA handelsvereniging vir graan en oliesade, dr. André van der Vyfer, praat oor moontlike logistieke uitdagings wat die graanbedryf tydens die uitvoerseisoen kan ervaar.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.