Bontle se vermeende moordenaars borgtog geweier

Loading player...
# Die saak teen die vyf mense wat daarvan aangekla word dat hulle die sesjarige Bontle Mashiyane in Mei in Masoyi vermoor het, is die week in Kabokweni borgtog geweier. Sy het op 30 April vermis geraak by haar huis en haar verminkte, ontbindende lyk is drie weke later gevind. Ntombi Mgwenya, Collen Hlongwane, Thapelo Ngomane, Samuel Tsela en Philasande Tsela word aangekla van ontvoering, verkragting, moord en regsverydeling. Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa:
13 Oct 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min