Mpumalanga-onderwysdepartement neem stappe om tienerswangerskappe aan te spreek

Loading player...
Die Departement van Onderwys in Mpumalanga sê dit is bekommerd oor meisies van skoolgaande ouderdom wat babas kry. Agt-duisend-830 leerlinge tussen 10 en 19 jaar oud het tussen April 2021 en Maart vanjaar geboorte gegee. Landwyd is die getal 90-duisend.
Woordvoerder, Gerald Sambo, sê ‘n werkswinkel is verlede week gehou om die kwessie aan te spreek.
Strategieë sluit in om leerlinge die vaardighede te leer om gesonde besluite te neem oor verhoudings en seks, sowel as om kwessies rondom geslag en mag aan te spreek in ‘n ouderdom-geskikte, kultureel-relevante en wetenskaplik-gegronde manier.
3 Oct 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min