Ongeluk wat drie eis word ondersoek

Loading player...
Die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga ondersoek ‘n ongeluk wat gisteraand die lewe van drie mans geëis het.
Volgens woordvoerder Moeti Mmusi was hulle om ongeveer 18:30 besig om ‘n band om te ruil van die minibus waarin hulle gery het tussen Karino en Kamagugu toe hulle van agter deur ‘n Ford Ranger getref is.
Al drie is op die toneel dood. Die bestuurder van die bakkie is ernstig beseer en hospitaal toe geneem vir behandeling.
3 Oct 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min