Ses word aangekla van bedrog met beskermende kleredrag in Mpumalanga

Loading player...
Drie amptenare van die provinsiale departement van openbare werke het gister saam met drie maatskappy-direkteure in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagtes van korrupsie, bedrog en geldwassery. Volgens die Valke het die adjunk-hoofdirekteur van die departement, Sipho Monareng, saam met die twee ander amptenare en die verskaffers gewerk om eise te betaal vir dienste wat nie gelewer is nie tydens die Covid-19-pandemie.
Kaptein Dineo Sekgotodi sê elk is borgtog van R10 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 2 November. Nog arrestasies word verwag.
29 Sep 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min