Man wat uit polisieaanhouding ontsnap moet drie jaar sit

Loading player...
‘n Moordverdagte wat in Augustus uit polisieaanhouding ontsnap het, is Vrydag tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis daarvoor. Karabo Chiloane (29) het uit die aanhoudingselle van die Belfast-landdroshof ontsnap voor sy verskyning vir 'n moord wat in 2020 in Machadodorp gepleeg is. Hy is ‘n paar dae later in Acornhoek heraangekeer. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê Chiloane het Woensdag weer probeer ontsnap.
27 Sep 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min