Plaaslike elektriese kar-span neem deel aan die Sasol Solar Challenge

Loading player...
Span Solar Flair het aan die pas afgelope Sasol Solar Challenge deelgeneem. Dié plaaslike span was die enigste private span wat oor agt dae sowat 2 500 km van Johannesburg na Kaapstad in hul self-geboude elektriese voertuig afgelê het. Internasionale spanne verbonde aan universiteite het met die louere weggestap, maar Klasie Botha sê dit was ‘n ongelooflike, leersame ervaring.
23 Sep 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min