Twee vermeende renosterstropers verskyn in Skukuza

Loading player...
Twee Mosambiekse burgers het gister in die Skukuza-hof verskyn op klagtes van die onwettige besit van renosterhoring, ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie, en oortreding van die Wet op Immigrasie.
Sergio Mathebula en July Sihlangu is Woensdag met twee renosterhorings in hul besit in die Krugerwildtuin vasgetrek.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is hulle met behulp van ‘n helikopter opgespoor na veldwagters inligting onvang het dat hulle die park onwettig betree het.
Hulle sal Woensdag vir borgtog aansoek doen.
23 Sep 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min