Wêreldrenosterdag vandag gevier

Loading player...
Vandag is wêreldrenosterdag. Die jongste data toon dat Afrika tans tuis is vir sowat 22-duisend wit- en swartrenosters. Lara Rall van die W-W-F Suid-Afrika sê stroping bly hul grootste bedreiging met amper 3-duisend renosters wat tussen 2018 en 2021 gestroop is. Die goeie nuus is dat die swartrenoster-bevolking op die kontinent sedert 2017 jaarliks met sowat 13-persent vermeerder het om tans 6 200 sterk te staan.
22 Sep 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min