Agtste verdagte vasgetrek vir moord op polisiebeampte in Kabokweni

Loading player...
'n Agtste verdagte is Saterdagmiddag aangekeer in verband met die moord in Maart op Sersant Enock Themba Nsimba in Kabokweni.
Volgens kolonel Donald Mdhluli het die polisie op 25 Maart reageer op 'n gewapende roof by ‘n gastehuis toe die aanvaller op die polisie geskiet het by hul aankoms.
Die 37-jarige Nsimba is noodlottig gewond. Ses verdagtes is op die toneel aangekeer en 'n sewende het homself later aan die polisie oorhanding.
Die 33-jarige verdagte behoort vandag in die hof te verskyn. Die borgaansoek vir die ander sewe gaan op 27 September voort.
19 Sep 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min