Drie van Mbombela vas vir R60 m. beweerde bedrog

Loading player...
Drie munisipale werknemers is vanoggend deur die Valke aangekeer by onderskeidelik Mbombela-munisipaliteit en die verkeersdepartemente in Nelspruit en Witrivier.
Volgens die woordvoerder vir die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, was dit ‘n gesamentlike operasie tussen die Valke en die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) van Gauteng.
Die drie sal na verwagting môre in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en geldwassery van R60 miljoen.
Hulle sluit aan by ses ander wat in Julie aangekeer is in verband met dieselfde saak.
14 Sep 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min