Renosterbevolking in Krugerwildtuin nou minder as 2 500

Loading player...
Die getal renosters in die Krugerwildtuin staan tans op 2-duisend-458, ‘n afname vanaf die 2-duisend-809 wat aan die einde van 2020 nog in die park aanwesig was.
Die jongste syfers is gister op ‘n parlementêre vraag van die DA deur die departement van Bosbou, Visserye, en Omgewingsake onthul.
Die DA sê dit is uiters kommerwekkend. Die woordvoerder vir omgewingsake, Dave Bryant, het ‘n beroep gedoen op die regering om die begroting vir bewaringspogings drasties te verhoog.
7 Sep 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min