Twee mans dood na bure glo try kry

Loading player...
Twee buurmanne in Boschfontein buite Schoemansdal is in die vroeë oggendure in die hospitaal dood, nadat hulle glo in ‘n geweldadige bakleiery met mekaar betrokke was. Volgens die polisie het die een man kneusplekke aan sy gesig sowel as ‘n gebreekte kakebeen en hand gehad, en die ander een was met ‘n byl teen die kop gekap. Brigadier Selvy Mohlala sê volgens die polisie se inligting was die 41-jarige en 31-jarige man vriende, sowel as bure. Die oorsaak van die dubbele moord word ondersoek.
5 Sep 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min