N4 tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane gesluit weens ‘n botsing tussen twee vr

Loading player...
Die N4-tolroete tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane is tans gesluit weens ‘n botsing reg van voor tussen twee vragmotors wat steenkool vervoer het. Volgens Emer-G-Med het een van die vragmotors aan die brand geslaan. Die manlike bestuurder is op die toneel dood verklaar. Die ander bestuurder is lig beseer. In ‘n sekondêre ongeluk het ‘n voertuig teen die vragmotors vasgery. Vier volwasse insittendes is matig beseer en hospitaal toe geneem vir verdere behandeling. Motoriste wat na en van Malelane reis word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.
29 Aug 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min