Tronkbewaarder met dagga gevang

Loading player...
‘n Tronkbewaarder sal binnekort in die hof verskyn in Belfast, op klagte van die onwettige besit van dagga.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is die 43-jarige vrou Vrydag by die werk aangekeer.
Sy het glo haar handsak weggesteek toe 'n deursoek van beamptes tydens die oggendparade aangekondig is.
Daar was glo dagga met 'n straatwaarde van 1-duisend-500-Rand en 'n selfoon in haar handsak.
29 Aug 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min