Laeveld JOC gereed vir landwye staking

Loading player...
Die gesamentlike operasionele bevel van Laeveld sekuriteitsmaatskappye en ander rolspelers is op ‘n hoë vlak van gereedheid vir die beplande landwye staking môre. Die vakbonde Cosatu en Saftu het dit uitgeroep uit protes teen stygende lewenskoste. John Meintjes sê dit is onmoontlik om te voorspel presies hoe die Laeveld daardeur geraak sal word. Hy sê sekuriteitsmaatskappye sal vanaf middernag op strategiese plekke ontplooi word om beweging te monitor. Die JOC sal uurliks alle geverifieërde inligting met die publiek deel.
23 Aug 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min