Vyfde verdagte aangekla in verband met moord op Hillary Gardee

Loading player...
'n Vyfde verdagte is aangekla in verband met die moord op Hillary Gardee in Mbombela. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die man, wat vandag in die hof verskyn, word aangekla van dwarsboming van die gereg.
Hy is met haar selfoon en skootrekenaar aan Gardee verbind. Die vierde verdagte, Rassie Nkuna, het gister in Kanyamazane verskyn vir die moord op twee ander vroue in Mei. Die saak is uitsgestel tot 6 September vir verdere ondersoek.
17 Aug 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min