Mpumalanga onderwysdepartement beloof aksie na leerlinge glo studietoestelle mis

Loading player...
Die Mpumalanga onderwysdepartement sê hulle sal maatreëls verskerp om die gebruik van tablette wat aan matrikulante uitgedeel is as studietoestelle te monitor.
Dit volg op berigte dat die ouers van graad 12 leerlinge aan Masana Sekondëre Skool hul kinders betrap het dat dit hulle tablette gebruik om toegang te verkry tot volwasse materiaal.
'n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê hulle sal die saak ondersoek en die blok van sekere webtuistes verder verskerp.
16 Aug 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min