DA vra OB om MEGA-tenders te ondersoek

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het die Openbare Beskermer gevra om beweerde tenderonreëlmatighede te ondersoek in die Mpumalanga agentskap vir Ekonomiese Groei - ook bekand as Mega.
Bosman Grobler sê 'n kartel is betrokke by die toekennings van die kontrak waarvolgens Mega oor die volgende 10 jaar sowat 185-miljoen-Rand sal spandeer aan huurgeld.
Hy voeg by die party pleit al vir jare dat die entiteit ontbind moet word, omdat hulle nie hul mandaat nakom nie en net 'n las is op die fiskus.
12 Aug 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min