Transitorower kry nog 25 jaar

Loading player...
‘n Transitorower wat reeds ‘n lewenslange vonnis uitdien, is die week ‘n addisionele 25 jaar gevangenisstraf opgelê.
David Thabo Dube was agter tralies vir ‘n transitoroof wat in Oktober 2017 in Klerksdorp uitgevoer is, toe die Valke hom deur sy vingerafdrukke gekoppel het aan ‘n roof op ‘n geldwa in April 2000 tussen Graskop en Bosbokrand.
Hy is Woensdag in die Nelspruit-streekshof gevonnis vir gewapende roof en twee pogings tot moord. Kapt. Dineo Sekgotodi:
12 Aug 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min